OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub bied vanaf 24 Februarie tot 31 Maart hul gewilde rolbalsakeliga na 'n lang afwesigheid weens die nasionale inperkingsmaatreëls aan.
Die wedstryde sal slegs Woensdae plaasvind met die eindronde wat op 31 Maart gespeel sal word.
Hierdie kragmeting is die ideale geleentheid vir besighede om span te bou en ook om heerlik sosiaal met mekaar te verkeer.
Na die ses weke se spel sal die wenspan met prysgeld van R2 000 wegstap. Die tweede prys is R1 00 en die derde prys R500. Gratis ete sal na die wedstryde vir die spelers verskaf word.
Die reëls is as volg:
- Volgens die huidige Covid-19-maatreëls mag net 24 spanne met vier deelnemers elk deelneem.
- Alle spelers moet 'n masker dra en afstand handhaaf.
- Spelers moet op die vasgestelde dae om 17:00 aanmeld sodat hulle hande ontsmet kan word.
- Wedstryde word oor 12 koppe beslis.
- Spanlede mag wissel.
- Spelers wat al gespeel het, maar nie meer aan die klub behoort nie, mag wel speel.
- Die klub sal afrigters en helpers voorsien, waar nodig. Vir enige navrae kontak Jan van Niekerk by 083 731 6869.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'