OUDTSHOORN NUUS - Die rolbal-fondsinsamelingsgeleentheid wat deur Oudtshoorn en De Rust-toerisme aangebied is, het Saterdag 13 September plaasgevind en is met groot geesdrif onder deelnemers en ondersteuners bygewoon.
Volgens Tammy Moult, was hierdie nie net 'n fondsinsameling nie, maar ook 'n viering van Toerismemaand wat in September plaasvind.
Spanne van vier het teen mekaar meegeding, met 'n reeks pryse en gelukstrekkings wat vir ekstra opwinding gesorg het.
Daar is ook lotterykaartjies verkoop om fondse vir die organisasie se projekte in te samel.
Volgens die organiseerders was die geleentheid nie net 'n sportiewe hoogtepunt nie, maar ook 'n waardevolle bydrae tot die bevordering van toerisme in die streek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’