OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die rolbalspanne van Du Plessis Motors, Nostalgie en CP Nel-Isuzu beklee die top drie plekke na die tweede rondte van die gewilde sakeliga.
'n Rekordgetal van 216 spelers (54 spanne) het vanjaar ingeskryf. Die liga duur ses weke en word elke Woensdag vanaf 18:00 by die Oudtshoorn-rolbalbaan gespeel.
Na die ses weke se spel, sal die wenspan met prysgeld van R1 200 wegstap. Die tweede prys is R1 000 en die derde prys, R800.
Die eindstryd sal op 1 Maart beslis word en inwoners word genooi om die wedstryde by te woon en saam te kuier.
Die top 10 rolbalspanne tot dusver is:
- Du Plessis Motors;
- Nostalgie;
- CP Nel-Isuzu;
- Helende Woord;
- Laerskool Wesbank;
- Watson en Brink;
- PSP;
- Looiery 1;
- Saayman & Kie
- Johnson's Bricks.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshooorn, Klein Karoo nuus'