OUDTSHOORN NUUS - Twee jong baldansers van Hoërskool Oudtshoorn, Druwan Leshawa (16) en Courtney Wicomb (16), het die afgelope naweek Oudtshoorn se vlag hoog laat wapper toe hulle 'n bronsmedalje in die baldans-kategorie by die SA kampioenskappe in Durban losgedans het.
Hulle dans reeds sedert 2013 saam en is tans verbonde aan die Shaun's Dance Studio op die dorp. Dit was die tweede keer dat die paartjie aan die SA kampioenskappe deelneem.
Verlede jaar het hulle goud (baldans) en silwer (Latynse dans) in Oos-Londen ingepalm.
Met die skoolvakansie wat nou op hande is vat Druwan en Courtney 'n welverdiende blaaskans voor hulle weer skouer aan die wiel sit vir hul volgende baldanstoernooi wat einde Februarie begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'