ROLBAL NUUS - Stilbaai-rolbalklub se eerste aksierolbaltoernooi vir 2023 het weer vir hope pret en opwinding gesorg.
Donderdagaande was daar net een plek om te wees en dit was op die rolbalbane in Stilbaai.
Uiteindelik het die Flintstones genoeg gedoen om die toernooi te wen. Hulle is gevolg deur Roman Security in die tweede plek met Oracle Refurb derde. Vetpret het in die vierde plek klaargemaak.
Volgens Dup van Renen, president van Stilbaai-rolbalklub, is die aksierolbal besig om van krag tot krag te gaan en het die aantal spanne al vermeerder tot die absolute maksimum.
Hy sê dat die gees en entoesiasme tydens hierdie toernooi uitsonderlik hoog was en dat hulle nie kan wag vir die volgende toernooi nie.
In die vierde plek was Vetpret met van links Mariaan Harris, Cheryl Worth, Dup van Renen (president), Dave Miles, Frans Snyders en Anne du Toit.
Roman Security was tweede. Van links: Amanda Posthumus, Silla Oosthuizen, Charlene Naudé, Dup van Renen (president) en Charlotte Olivier.
Oracle Refurb het die derde plek ingeneem. Van links: Johan Voss jnr, Juan du Plessis, Lisinda du Plessis, Dup van Renen (president) en Wessel Lindstrom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’