OUDTSHOORN NUUS - Die derde stof-en-teer-fietsren het Saterdag 28 Oktober 116 deelnemers gelok, wat in 29 spanne van vier ryers per span deelgeneem het.
Team Giant van Kaapstad het eerste oor die wenstreep gery.
Elke span het uit twee padfietsryers en twee bergfietsryers bestaan. Die groepe van twee het 60 km elk gery.
By Swartberg Country Manor het die bergfietsryers oorgeneem by die padfietsryers en by Surval Boutique Olive Estate klaargemaak.
Nege Oudtshoorniete was deel van spanne wat podiumposisies behaal het.
Die spanne waarvan hulle deel was het as volg klaargemaak:
Tweede algeheel: Louis Visser en Marchall Hendricks (beide van Oudtshoorn), het as deel van Team Cycle for Diabetis, saam met Jacques van Staden, Quinton Myburgh gery.
Eerste vrouespan: Absolute Motion Ladies, bestaande uit Yolandi de Villiers (Oudtshoorn), Marike Vreken, Amy Tait en Courteney Webb.
Veterane (50+): Corné Bence (Oudtshoorn), Neels Terblanche, Tinus Eloff (Oudtshoorn) en Alan Macintosh.
o.17 wenners: The X-Factor, bestaande uit Kerrigan Aries, Renaldo Snel, Morneal Esau, Bernino Hans (almal van Oudtshoorn).
Agt nasionale polisiespanne het ook aan die fietsren deelgeneem.
Die padfietsryers volg die baanmeester se motor om by Cango Wildlife Ranch weg te spring.
Corné Botha, mede-eienaar van Jakhals Events wat die fietsren gereël het, het gesê hulle oorweeg om 'n solo-item in 2018 by te voeg, waar een persoon beide die pad- en bergfietsren ry.
Die eerste vrouespan, Absolute Motion Ladies, oor die wenstreep was (van links) Yolandi de Villiers (Oudtshoorn), Marike Vreken, Amy Tait en Courteney Webb.
Louis Visser (links) en Marchall Hendricks (beide van Oudtshoorn), het as deel van Team Cycle for Diabetis, saam met Jacques van Staden en Quinton Myburgh tweede oor die wenstreep gery.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'