OUDTSHOORN NUUS - Die sewende Timbercity Cycle Tour op word op Sondag 1 Oktober op Oudtshoorn, deur Eden-fietsry, aangebied.
Dié wedren het in 2016 meer as 450 deelnemers van oor die land gelok.
Die president van Eden-fietsry en voorsitter van Wes-Kaap-fietsry, Corné Bence, het Maandag gesê: "Ons is dankbaar om ons nuwe titel borg, Timbercity Oudtshoorn, aan boord te verwelkom.
"Daar is baie min pad-fietswedrenne in die Suid-Kaap en daarom wil ons almal uitnooi om gebruik te maak van die geleentheid en die pragtige roete te geniet."
Fietsryers sal in afstande van 30 km, 57 km en 104 km deelneem. "Die 30 km is 'n plat, maklike roete wat tot in Schoemanshoek strek. Die 57 km is meer uitdagend en draai by die Kango-grotte en die 104 km-roete strek tot in Matjiesrivier."
Voornemende deelnemers kan nog Saterdagmiddag tussen 14:00 tussen 17:00, asook Sondagoggend 06:00 en 07:00 inskryf.
"Ons wil net die publiek herinner dat Baron van Reedestraat se inkomende baan vanaf die Kango-grotte vanaf 05:00 tot-en met 13:00 gesluit sal wees vir verkeer en dat die uitgaande baan verander in 'n tweerigtingbaan.
Ons vra motoriste se geduld vir die paar uur. As dit vir motoriste moontlik is om die straat te vermy sal dit ook die druk op verkeersbeamp-tes verlig."
Die eerste wedren begin om 07:30 voor Brian's Grill in Baron van Reedestraat.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'