CYCLING NUUSFLITS - Die sewende Timbercity Cycle Tour word op Sondag 1 Oktober op Oudtshoorn, deur Eden-fietsry, aangebied.
Dié wedren het in 2016 meer as 450 deelnemers van regoor die land gelok.
Die president van Eden-fietsry en voorsitter van Wes-Kaap-fietsry, Corné Bence, het Maandag gesê:
"Ons is dankbaar om ons nuwe titel borg Timbercity Oudtshoorn aand boord te vervelkom. Daar is baie min padfietswedrenne in die Suid-Kaap en daarom wil ons almal uitnooi om gebruik te maak van die geleentheid en die pragtige roete te geniet."
Corné Bence (regs) en baanmeester, Louis Visser, sal weer tydens die 2017 Timbercity Cycle Tour toesien dat alles volgens Fietsry-SA se reëls plaasvind.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'