OUDTSHOORN NUUS - Sewe leerders van Laerskool Wesbank het aan die SA junior skaakkampioenskappe in Boksburg deelgeneem.
2 500 skaakspelers het teen mekaar meegeding.
Kristen Meyer het 5 uit 7 keer gewen en Kobus Geyser 6 uit 7 keer.
Geyser het ook 'n spesiale toekenning gekry, aangesien hy eerste plek behaal het op die bord waar hy in sy ouderdomsgroep deelgeneem het.
Hy was een van 101 spelers wat die voorreg gehad het om teen die skaakmeester, Hikaru Nakamura, te speel.
Nakamura het gelyktydig vir ses ure lank teen die 101 spelers gespeel.
Nakamura het gelyktydig vir ses ure lank teen die 101 spelers gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'