OUDTSHOORN NUUS - Drie gimnaste van Hoërskool Oudtshoorn het Saterdag 12 Mei aan die Matt-gimnastiekkompetisie deelgeneem en saam ses medaljes gewen.
Hulle uitslae:
Runicke Munro (o.14 - goud en brons),
Emma Jordaan (o.16 - twee silwer), en
Tamzin de lange (o.16 - goud en brons).
By hulle in die foto staan Martina de Koker, hul afrigter by die Oudtshoorn Akademie vir Springmatgimnaste (OATT).
Van links: Runicke Munro, Emma Jordaan en Tamzin de lange. By hulle staan Martina de Koker, hul afrigter.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'