OUDTSHOORN NUUS - Swemmers vanoor die land het die afgelope naweek van 18 tot 20 Oktober deelgeneem aan die 43ste Frieda Barnard-swemgala in Oudtshoorn.
Die gala het plaasgevind by die NA Smit-swembad waar 400 swemmers tydens ses sessies deelgeneem het. Daar is deelgeneem in vryslag, rugslag, vlinderslag, borsslag en 'mixed medley relay.'
Volgens Delia van Biljon, afrigter het die span van Oudtshoorn baie goed gevaar en het almal hul tye tydens die gala verbeter. Die volgende swemgala vind einde Oktober by die NA Smit-swembad plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’