OUDTSHOORN NUUS - Die Highgate Ostrich Crawl MTB en Trail Run Challenge het verlede Saterdag sy 3de bestaansjaar gevier wat ook splinternuwe venues en roetes ingesluit het. Bykans 300 bergfietsryers asook hardlopers het deelgeneem. Die wedrenne het begin en geëindig by Highgate-volstruisvertoonplaas.
Tristan Nortje and Yolande de Villiers het die mans -en vroue 60 km-wedrenne onderskeidelik gewen.
Wat vanjaar se aanbieding ekstra spesiaal gemaak het is die feit dat sedert dié wedren se bestaan dit nog nooit op privaat grond aangebied is nie. Die nuwe roetes het gesorg vir spesiale verrassings soos 'n pragtige uitsig, lekker "jeeptracks" asook die verkenning van die wildsplaas, Deelnemers het ook vir die eerste keer kennis gemaak met 'Die Ostrich Monster'.
Die Ostrich Monster is 'n ongenaakbare klim wat baie fietsryers naderhand moes uit stap omdat dit so steil is. Diegene wat dit met pure wilskrag voltooi het, was op die plato met die mooiste uitsig beloon.
Na afloop van die wedren is daar lekker saamgekuier by Highgate Ostrich Farm voordat daar verder feesgevier is in die dorp.
Vir volledige resultate kan u die webwerf besoek.
Mededinging was taai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'