OUDTSHOORN SPORTNUUS - Twee jong deelnemers, Gerano Rossouw en Anita Cloete, albei 14 jaar, was Saterdag se mans- en vrouewenners van die 340ste Oudtshoorn-Parkrun by die Surval Olyflandgoed.
Rossouw was met sy derde deelname eerste met’n tyd van 19 minute 17 sekondes, terwyl Cloete algeheel derde geeindig het met ‘n tyd van 26 minute 23 sekondes.
Pieter Barnard (25:20) was tweede.
Die voorste drawers van Saterdag se 41 deelnemers was:
- Gerano Rossouw (19:17)
- Pieter Barnard (25:20)
- Nina Cloete (26:23)
- Abraham Hendriks (26:43)
- Johann Coetzer (26:44)
- Mathys Myburgh (28:37)
- Rashan Claassen (29:10)
- Albertus Kennedy (29:44)
- Lisa Wiswe (29:54)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’