OUDTSHOORN SPORTNUUS - Hildegard Bruwer het onlangs haar 100ste Oudtshoorn-parkrun voltooi.
Tydens die wedloop het sy die virtuele 5 km-afstand in 'n skaflike tyd van 29:01 afgelê.
In die afgelope naweek se Oudtshoorn-parkrun was Jaques Dyason die voorste atleet met sy tyd van 24:29.
Francois le Roux was in die tweede plek met Conrad Jullies wat in die derde plek klaargemaak het.
Bruwer was in dié wedloop in die algehele vyfde plek in 'n tyd van 30:02.
Saterdag se voorste drawwers is as volg:
- Jaques Dyason - 24:29
- Francois le Roux - 26:32
- Conrad Jullies - 27:13
- Bart Saaiman - 29:18
- Hildegard Bruwer - 30:02
- Abraham Hendricks - 30:06
- Annemarie le Roux - 30:33
- Henry Carstens - 30:54
- Sylvia le Roux - 35:18
- Helena Smit - 36:06
- 'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'