OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Kaapse tak van die SA Jagtersvereniging, het Saterdag 11 November 'n skietdag op die Trutersdal-skietbaan, Heimersrivier, gehou.
Vyftien skuts het aan die skietdag deelgeneem en op onderskeidelik swartwildebees- en rooibok-teikens geskiet.
Japie Schoeman het op die swartwildebees-teiken met 'n goue balkie telling van 39,3 uit 45, die beste telling vir die dag behaal.
Hannes Ungerer met 'n goue balkie telling van 37,1 uit 45, het die meeste punte op die rooibok-teiken geskiet.
Die dag se skiet in snikhete omstandighede, is met 'n yskoue bier en 'n braaivleis afgesluit.
Kontak gerus vir Nico van der Merwe by 082 781 6810 vir enige navrae rondom die skietklub se aktiwiteite vir die res van 2017 en 2018.
Lede van die Suid-Kaapse tak van die SA Jagtersvereniging, na Saterdag se skietdag. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'