OUDTSHOORN NUUS - Louis Willeman en Desmond Malgas het verlede Woensdag die Oudtshoorn-besigheidskamer se laaste gholfdag vir 2018 met 'n telling van 47 gewen.
Bykans 60 spelers het die dag afgeslaan met groot pryse wat op die spel was.
James King & Badenhorst-prokureurs en Turnberry Hotel was vanjaar die hoofborge van die gholfdag .
Bennie van Zyl en Dwayne Venter (46) was in die tweede plek, met Rudi Mortlock en Hannes Smal wat in die derde plek geëindig het.
Op die agste putjie het Christo van Zyl die naaste aan die pen geslaan, terwyl Heinrich Terblanche op die 12de putjie dieselfde vermag het.
Francois Verwey (12de), FJ Pretorius, Bennie van Zyl (agtse), Jaco Matthee (agtse) en Pietie Strauss (agste) het spogtwees aangeteken en elkeen met 'n kontant bedrag van R55 weggestap.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer, het tydens sy spreekbeurt 'n beroep op die spelers gedoen om die borge en Oudtshoorn se besighede te ondersteun.
Hy het ook Helen Butler, die besigheidskamer se administratiewe bestuurder, vir al die reëlings gedurende die jaar bedank.
Die wenners van die Oudtshoorn-besigheidskamer se laaste gholfdag van 2018 is van links: Louis Willeman, Desmond Malgas,Helene Badenhorst (James King en Badenhorst-prokureurs), Paul Stroebel (Oudtshoorn-gholfklubkaptein) en Helen Butler (besigheidskamer administratiewe bestuurder). Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'