OUDTSHOORN NUUS - Die Vryburgers van Oudtshoorn het verlede Saterdag hul jaarlikse gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub aangebied.
Die gholfdag is deur CP Nel Bakwerke as hoofborg aangebied. 59 spelers het aan die individuele Stableford deelgeneem.
Ockie Horowitz het die kompetisie met 41 punte gewen.
Johan Cornelissen was tweede met 41 punte en Conroy Mulder derde met 40 punte.
Die Vryburgers bedank CP Nel Bakwerke asook die talle ander borge vir hul betrokkenheid asook die spelers vir hul deelname.
Spelers wat aan die Vryburgers se gholfdag deelgeneem het. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'