OUDTSHOORN NUUS - Rudi Steyl, Theuns Botha, Ben Vermeulen en Johan Botha van die plaaslike Tyre & Treads bande besigheid het verlede Donderdag die Klein Karoo Agri-groep se gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan gewen.
Altesaam 124 spelers het op dié dag afgeslaan. Die bekende oudsakeman en boer, Saag Jonker, het onder die uitgelese gaste getel.
Tydens die prysuitdeling het Terblanche du Plessis (besturende direkteur van KKA) 'n tjek ter waarde van R20 000 aan Wilma Lemmer van die Eljada-nasorgsentrum oorhandig.
Lemmer het in haar toespraak KKA bedank vir hierdie onbaatsugtige fondsinsamelingsinisiatief om broodnodige fondse vir Eljada in te samel.
Sy het gesê dat die geld vir voedsel, mediese behoeftes en klere aangewend sal word. Volgens Du Plessis is dit die KKA se beskeie manier om terug te ploeg in die gemeenskap en beoog dié groep om jaarliks 'n soortgelyke gholfdag te hou.
Van links is Theuns Botha, Rudi Steyl, Johan Botha en Ben Vermeulen.
Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'