OUDTSHOORN GHOLFDAY - Oudtshoorn Besigheidskamer se 4BBB stablefordgholfdag wat Woensdag plaasgevind het is gewen deur Mornè Tomé en Gert Claassen met 'n telling van 48 punte.
Francois Verwey en Lollies Janse van Rensburg het in die tweede plek met 45 punte geëindig met Ockie Horowitz en Piet Swanepoel (ook 45 punte) wat in die derde plek klaargemaak het. Tomé kon ook op die agste putjie daarin slaag om die naaste aan die pen te slaan terwyl Chloè Malgas-Kelpin dieselfde op die 12de putjie vermag het.
Altesaam 85 spelers het afgeslaan by dié gholfdag- die meeste wat nog aan 'n gholfdag van die Oudtshoorn Besigheidskamer deelgeneem het.
Die gholfdag en die pryse was deur Queen's Hotel geborg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'