OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Makka Swart het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se gholftoernooi met 'n telling van 37 punte gewen.
Altesaam 31 spelers het onder streng Covid-19-regulasies afgeslaan.
Francois Verwey was op 'n uittel van 36 punte in die tweede plek gevolg deur Salie Oosthuizen, Pieter Swanepoel en Jean Neethling.
Josh Malgas het op die 18de putjie die naaste aan die pen geslaan.
Verwey het die boerpot met 12 punte ingepalm, terwyl Salie Oosthuizen op die agste putjie 'n spogtwee aangeteken het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'