OUDTSHOORN NUUS - Hannes Smal en Louis Slabbert het Woensdag 7 Maart die maandelikse Sakekamer-gholfdag, geborg deur Slabber en Slabbert Oogkundiges, op 'n uittel, met 48 Stableford-punte gewen.
Bennie van Zyl en Dwayne Venter was tweede, Hannes Oosthuizen en Deon van Dyk derde, en Pieter du Plessis en Sarel Fick vierde, almal met 48 punte.
Johan Cornelissen en Deon Barnard was vyfde met 45 punte.
Die dag het 55 spelers gelok.
Jaco Mortlock (derde), Hannes Smal (agste), Rudy Mortlock (twaalfde) en Deon Barnard (vyftiende) het die pryse vir naaste aan die penne gewen, terwyl Barnard, Jaco Mortlock, Clement Rex, Neil Truter en Barnard almal spogtweetjies aangeteken het.
Die voorsitter van die Sakekamer, Gideon Badenhorst, het weereens 'n beroep op spelers gedoen om die borge te ondersteun.
Hy het ook sakemanne wat nog nie by die kamer aangesluit het nie genooi om dit te doen.
Volgens hom is die gereelde netwerkaande 'n gulde geleentheid om van mekaar te leer ken het beklemtoon dat goeie diens van kardinale belang vir enige besigheid is.
'n Oomblik van stilte is voor die prysuitdeling gehandhaaf ter nagedagtenis aan die eggenote van André van Greunen, voormalige Sakekamer-voorsitter en president van die Oudtshoorn-gholfklub, wat in die buiteland gesterf het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'