OUDTSHOORN NUUS - Louis Slabbert en Kobus Griebenouw het onderskeidelik Woensdag 30 Augustus en Saterdag 2 September die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-gholfdae gewen.
Slabbert het Woensdag vir Frans Cilliers met 'n telling van 40 punte op 'n uittel gewen. Met 39 punte het Willem Burger die derde plek ingeneem Terry van Coller en Francois Verwey het op 38 punte op 'n uittel die vierde en vyfde plekke losgeslaan.
Ettienne Roos en Winston Coerecius het die boerpot gedeel. Barries Griebenhow het op die agtste putjie die bal die naaste aan die pen geslaan.
Billy Capel (derde bof), Terry van Coller (agtste bof) en Slabbert (derde bof) het spog twee houe geslaan.
Saterdag het Piet Swanepoel (39 punte) die tweede plek, naas Griebenouw (40 punte) ingeneem. Pieter Hancke (37 punte) was derde, met Deon van Dyk (36 punte) vierde en Marthinus Oosthuizen (34 punte) vyfde.
Grienhouw het ook die boerpot gewen. Louis Fourie (junior) se balletjie het op die vyftiende putjie die naaste aan die pen geland. Piet Swanepoel (derde bof) en Louis Fourie (senior) (vyftiende bof), spog twee houe geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'