OUDTSHOORN NUUS - Justin Thomas van die Oubaai-gholfklub in Heroldsbaai het die afgelope Saterdag die Oudtshoorn senior ope gholftoernooi se A-divisie by die Oudtshoorn-gholfklub met 'n telling van 71 punte gewen.
In die B-divisie, wat in die individuele Stableford-formaat beslis is, was ME Oosthuizen van Oudtshoorn-gholfklub se 40 punte genoeg om in dié kategorie koning te kraai.
Die toernooi is deur die Suid-Kaap-gholfunie aangebied en het 63 spelers van Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Beaufort-Wes en Knysna gelok wat vanaf 07:30 afgeslaan het.
Weens Covid-19-regulasies was daar geen prysuitdelingseremonie nie.
A-divisie wenners is as volg:
- Justin Thomas (Oubaai-gholfklub) -71 punte
- Andrewe Procter (Simola Golf & Country Estate) -72 punte
- Deon de Villiers (Pinnacle Point-gholfklub) -74 punte
- Gerrit Janse van Rensburg (Oudtshoorn-gholfklub -74 punte
- Bertus Smit (Pinnacle Point-gholfklub) - 75 punte
B-divisie wenners is as volg:
- ME Oosthuizen (Oudtshoorn-gholfklub) - 40 punte
- Ruben James (Beaufort Wes-gholfklub) - 40 punte
- Ockie Horowitz (Oudtshoorn-gholfklub) - 39 punte
- Clive Kaptein (Mosselbaai-gholfklub) -39 punte
- Theo Adams (Mosselbaai-gholfklub) -38 punte
Op dieselfde dag het Godfrey Malgas die Oudtshoorn-gholfklub se klubkompetisie met 'n telling van 40 punte gewen. Dié plaaslike veteraan speler kon ook daarin slaag om die boerpoet in te palm.
Charl Louw van Kingswood-gholfklub in George teken 'n voëltjie aan. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'