Barnard Griebenouw en JJ Janse van Rensburg was met 44 punte die wenners van die gesamentlike Stableford-kompetisie.
Die wenprys was 'n naweek vir twee op 'n huisboot op die Knysna Lagoon, geskenk deur Irene Vermeulen van Milan, Marble & Granite.
Ettiene Roos en Therence Raath, ook met 44 punte, het die tweede prys op 'n uittel gewen.
Bruce Pienaar en Wayne Venter was derde, Celeste Barnard en Ronel Berry vierde en Mark Scheepers en Jeff Philp in die vyfde plek, elke paar met 43 punte.
Hierna het gevolg Chris de Witt en Salie Oosthuizen (42), Loerie Boshoff en Frans Cilliers (42), Marius Greeff en Wessel Vermeulen (42), André van Greunen en Hannes Smal (41) en Francois Verwey en Ferdie Stander (41).
Therence Raath en Louis Slabbert was die wenners van die naaste-aan-die-pen pryse op die 3de en 8ste putjies.

Barend Griebenouw wat saam met JJ Janse van Rensburg (afwesig) die wenners was van die Besigheidskamer se eerste gholfdag van die jaar, ontvang hul prys van die klubkaptein, Louis Fourie en Helen Butler. Foto: Garnett Wicomb