OUDTSHOORN NUUS - Rynhardt van Coller het met 41 punte Saterdag 16 Junie Oudtshoorn-gholfklub se maandelikse Vleisdag gewen.
Chris Smith (40 punte) was tweede en Pietie Mooney (39 punte) derde.
WM Badenhorst het die boerpot gewen. Hy is ook vir die hou die naaste aan die pen op die 12de putjie beloon.
Anton Kok, Mooney, Van Coller (almal op die agtste putjie) en Badenhorst (op die 12de putjie) het spog tweehoue geslaan.
Pietie Mooney was derde.
Chris Smith het die tweede plek losgeslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'