OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Clement Rex het die afgelope naweek die Individuele Stableford-kompetisie by die Oudtshoorn-gholfklub met 'n telling van 39 punte gewen.
Rex, wat ook na homself as "Tiger Rex" verwys (vernoem na die internasionale gholfspeler Tiger Woods), het ook 'n spogtwee gedurende die toernooi aangeteken.
Altesaam 37 spelers het op dié dag afgeslaan. Celeste Barnard het in die algehele tweede plek geëindig met 'n telling van 38 punte.
Die jongeling Sergio Arries het in die derde plek klaargemaak.
Barnard kon ook daarin slaag om die boerpot in te palm.
Op die 5de putjie het Piet Swanepoel die naaste aan die pen geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'