OUDTSHOORN NUUS - Alhoewel heelwat minder spanne as gewoonlik (36) aan Woensdag se besigheidskamer gholfdag deelgeneem het, het die wenspanne uitstekende gholf gespeel.
André Plaatjies en Nolan Dreyer het die dag se gholf met 49 punte gewen. Okkie Horowitz en Christo van Zyl was tweede met 45 en Ettiene Roos en Lollie van Rensburg het met 43 die derde plek ingeneem.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer, het die gholfspelers bedank vir hulle getroue ondersteuning van die dag. Johan Cornelissen, klubkaptein, het namens die gholfklub medelye aan een van die klub se steunpilare, André van Greunen, oorgedra na die afsterwe van sy vrou, Lulu, terwyl hulle verlede maand in die buiteland was.
Die pryse vir Woensdag se gholfdag is deur Van der Berg Vervoer en Volmoed Quarries geborg.
Christo van Zyl (regs) en Okkie Horowitz was in die tweede plek met 45 punte.
Daar is geleentheid vir enige besigheid om Meimaand se gholfdag te borg en sodoende goeie blootstelling te kry. Besighede wat belangstel om 'n dag te borg kan Helen Butler by 044 272 6637 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'