OUDTSHOORN GHOLFNUUS - William Phillipus het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-gholfdag met 'n telling van 41 punte gewen.
Altesaam 45 spelers het op dié dag in sonnige weerstoestande afgeslaan.
Dylan Barnard was in die tweede plek met 40 punte gevolg deur Jurie Neethling wat in die derde plek met 39 punte geëindig het.
Op die agste putjie het Francois Verwey die naaste aan die pen geslaan.
Spelers wat daarin kon slaag om die boerpot in te palm, was: Jurie Neethling, Dylan Barnard, Paul Stroebel, Rudi Mortlock en Verwey.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'