OUDTSHOORN NUUS - William Phillipus en Louis Stander het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se gholfdag met 49 punte gewen.
Altesaam 52 spelers het op die dag afgeslaan wat deur Van der Berg Vervoer geborg is.
Gavin Hutchings en Barry Griebenouw was tweede met 45 punte, gevolg deur EP du Plessis en Lourens Swanepoel wat in die plek was met 44 punte.
Hannes Smal (derde putjie), Conroy Mulder (8ste putjie) en Griebenouw was die naaste aan die penne.
Anton de Kock het die naaste aan die buiteband geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'