OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Die Oudtshoorn-opegholfdag het verlede Sondag bykans 70 spelers van oor die Suid-Kaap gelok.
Damion Osner van die Simola Gholf & Country Estate-gholfklub het met die louere weggestap en met 67 punte (vyf onder baansyfer) geëindig.
Llewellyn Rheeder het die beste gevaar van die Oudtshoorniete met 'n telling van vyf bo baansyfer.
In die B-afdeling het Adrian Cupido van Oudtshoorn eerste geëindig met 36 punte gevolg deur nog 'n Oudtshoorniet, Conroy Mulder. Die Suid-Kaap gholfunie het Louis Fourie en die komitee van die Oudtshoorn-gholfklub bedank vir gasvryheid waarmee die dag aangebied was.
Oudtshoorn-opedag-uitslae:
A-Divisie
- Damian Osner (-5) 67
- Ivan Williams (-4) 68
- Conor Myburgh (0) 72
B-Divisie
- Adrian Cupido (36)
- Conroy Mulder (35)
- William Phillipus (34)
- Vroue divisie
- Kira Kappeler (75)
Adrian Cupido
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'