OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-besigheidskamer het Woensdag 10 Desember hul 20ste Ysters op die Platteland-gholfdag vir die jaar aangebied.
Tydens die geleentheid is spesiale erkenning gegee met die ‘Golden Putter Award’ wat aan Hennie-Edna Janse van Rensburg en Jodi Mulder oorhandig is vir hul groot bydraes tot die gholfklub die afgelope jaar.
Fanie Fourie en Christo Odendaal het as wenners van die dag weggestap met 71 punte.
Kort op hul hakke was Selwyn Amsterdam en Howard Ellis ook met ’n telling van 71. Hennie-Edna Janse van Rensburg en Jodi Mulder het derde plek behaal met 71 punte.
Morné Tome en Laurie Boshoff was in die vierde plek met 69 punte en Jenovan Abrahams en Wynand Louw in die vierde plek met 69 punte.
Corleen Barnard van Oudtshoorn- en De Rust-toerisme het spesiale pryse aan die wenners oorhandig met ’n wegbreek naweek in Knysna.
Makka Swart, klubkaptein het almal aangemoedig om die gholfklub te ondersteun, asook ’n goeie en veilige Kersfees toegewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’