OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ray Mitchell en Terrence Rathh het gister die Oudtshoorn-besigheidskamer se gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met ‘n telling van 49 punte gewen.
Altesaam 60 spelers het afgeslaan by dié gholfdag met verskeie pryse wat op die spel was.
Okkie Horowitz en George Fourie het tweede geeindig, gevolg deur Christo Odendaal en Morne Tomè wat in die derde plek met 45 punte klaargemaak het. Odendaal en Francois Beets het die naaste aan die pen geslaan.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer, het in sy spreekbeurt vir Helen Butler (administratiewe beampte van die Oudtshoorn-besigheidskamer) bedank vir haar toewyding en deeglikheid met die reelings van die gholfdag.
Hy het voorts ook almal teenwoordig aangemoedig om sakeondernemings in Oudtshoorn te ondersteun.
Van links is Paul Stroebel ( klubkaptein), Ray Mitchell (wenner), Gideon Badenhorst (voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer), Terrence Rathh (wenner) en Danie van der Bergh van Quarries Vervoer (borg).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'