OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Salie Oosthuizen het die naweek die Oudtshoorn-gholfklub se gholfdag met 'n telling van 43 punte gewen.
Lian Verwey was in die tweede plek met 42 punte gevolg deur Clement Rex wat in die derde plek met 40 punte geëindig het.
William Phillipus was vierde met 'n telling van 38 punte met Jakobus Arries en Anton Theunissen wat op 'n uittel van 37 punte onderskeidelik die sesde en sewende plekke ingeneem het.
Warren Human het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan. Selwyn Amsterdam het met 12 punte die boerpot ingepalm.
Die dag het altesaam 40 spelers gelok en was in die enkel Stableford-formaat beslis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'