OUDTSHOORN NUUS - Hannes Oosthuizen het Saterdag 6 Januarie die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-gholfdag op 'n 43 punte uittel gewen.
Oosthuizen het ook die boerpot met Louis Fourie gedeel het, en op die derde putjie 'n spog tweehou geslaan het. Ook hier het hy die hy en Fourie saam pryse ontvang, met Fourie wat op die agtste putjie 'n spog tweehou geslaan het.
Cloe Malgas-Kelpin het 'n prys ontvang vir haar naaste aan die pen hou op die twaalfde putjie.
Celesté Barnard was tweede op 'n 43 punte uittel met Oosthuizen. Kobus Griebenow (37 punte), Dmitri Malgas (36 punte) en Deon Barnard (35 punte) het die derde, vierde en vyfde plekke losgeslaan.
Woensdag 3 Januarie het Francois Verwey (40 punte) gewen, met Gerrit van Rensburg (39 punte) tweede en Christo Odendaal (38 punte) derde.
Van Rensburg en Oosthuizen het die boerpot gedeel, terwyl Morné Tome op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'