OUDTSHOORN NUUS - Die dertigste interskolekragmeting tussen Oakdale en Boland, is met groot sukses aangebied
Die kragmeting het reeds Vrydagoggend op die Riversdal-gholfbaan tydens die 18-putjie landbouskole gholfstryd begin. Oakdale het vanjaar geseëvier met 3 ½ teenoor Boland se 2 ½.
Oakdale se o.14-rugbyspanne het die grondslag gelê vir die dag se sukses met goeie oorwinnings. Uit die 18 wedstryde wat gespeel is het Oakdale 12 gewen.
Dit was egter die o.19A-span se wedstryd wat bepalend sou wees vir Oakdalers om hul tradisionele "bulring" te kon maak. Afgesien van duisende toeskouers op die pawiljoen en om die veld, kon die hele Suid-Afrika dit ook op televisie dophou. Na 'n baie goeie eerste helfte waar die Oakdalers met 14-3 voorgeloop het, was dit die Bolanders wat met krag voorspelerspel groot druk op die Oak-dalers geplaas het.
Met een minuut speeltyd oor is 'n strafskop aan Boland skuins voor die Oakdale-doelpale toegeken.
Die losskakel van Boland het egter die maklike skop gemis en die Oakdalers wen die interskole met 14-12.
Uitslae:
o.14A : 31-0 (Oakdale), o.14B: 12-0 (Oakdale), o.14C: 63-3 (Oakdale), o.14D: 43-0 (Oakdale), o.14 E vs Oker:17-53 ( Oakdale), o.15A: 13-10 (Oakdale), o.15B: 3-8 (Boland), o.15C: 35-7 (Oakdale), o.15D: 26-0 (Oakdale), o.16A: 12-27 (Boland), o.16B: 19-3 (Oakdale), o.16C: 29-14 (Oakdale), o.19A: 14-12 (Oakdale)o.19B: 17-30 (Boland), o.19C: 19-13 (Oakdale), o.19D: 0-15 (Boland), o.19E: 5-36 (Boland) en o.19F:10-41 (Boland).
Jay-Cee Nel (12) en Dian Bleuler (1) het vir die A-span se drieë gesorg terwyl Jay-Cee Nel twee doelskoppe aangeteken het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'