TUINROETE NUUS - Die baie reën van verlede jaar het verhoed dat die Suid-Kaap Sages die enkelspelkampioen van die Bertus Louwtrofee kon aanwys.
Die aangeleentheid is na die IPS-kompetisie op Stilbaai op 15 Maart uitgestel en daar het Nic Marais van Mosselbaai met die louere weggestap.
Marais is ook die voorsitter van Suid-Kaap Sages en het dus baie rede om na 'n baie suksesvolle kompetisie tevrede te kan wees.
Nege-en-vyftig Sagesspelers met 'n paar gaste in hulle geledere, het die dag meegedoen en die weer het, na 'n vroegoggendreëntjie, die dag in 'n lekker "om buite te wees" geleentheid omskep.
"Stilbaai se gholfbaan is in 'n pragtige toestand en hulle personeel laat 'n mens altyd welkom voel.
"Baie dankie aan Gerida Hough en haar bekwame span," het Marius Loubscher van Suid-Kaap Sages gesê.
In die Individuele stablefordkompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:
1. Nic Marais (Mosselbaai) 38; 2. Piet van Wyk (Stilbaai) 38; 3. Flip Cloete (Mosselbaai) 36; 4. Eleonor Speelman (Mosselbaai) 36; 5. Wessel de Bruyn (Stilbaai) 35; 6. Pieter Potgieter (Stilbaai) 35; 7. Wilhelm Steenkamp (Stilbaai) 35; 8. Johan Swart (Stilbaai) 35; 9. Mariaan Loots (Mosselbaai) 35 en 10. Bill Annandale (Stilbaai) 34.
Naaste aan die penne is deur Dirk Bosman van Stilbaai op 2/11 en Wessel Oosthuizen van Boggomsbaai op 8/17 gewen. Eleonor Speelman en Susan Buys het spogtwees aangeteken.
Die volgende Suid-Kaap Sagessaamtrek is op 5 April op Riversdal.
Die wenners op Stilbaai: Nic Marais, Piet van Wyk, Flip Cloete, Wessel de Bruyn en Eleonor Speelman.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'