OUDTSHOORN GHOLF NUUS - Pietie Mooney en Theo Adams het verlede Saterdag die jaarlikse Oudtshoorn Spar-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 89 punte gewen.
Altesaam 184 spelers het op die dag afgeslaan wat in die gekombineerde 4BBB-Stabelford formaat beslis is.
Gerald Michaels en Malcolm Manuel was in die tweede plek met 87 punte, gevolg deur Daniël Boks en Louis Willeman wat met 84 punte in die derde plek klaargemaak het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'