OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Pietie Mooney en Theo Adams het verlede Saterdag die jaarlikse Oudtshoorn Spar-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 89 punte gewen.
Altesaam 184 spelers het op die dag afgeslaan wat in die gekombineerde 4BBB-Stabelford formaat beslis is. Die inskrywingsgeld het R400 per persoon beloop.
Gerald Michaels en Malcolm Manuel was in die tweede plek met 87 punte, gevolg deur Daniël Boks en Louis Willeman wat met 84 punte in die derde plek klaargemaak het.
By die prysuitdeling was daar ook verskeie gelukstrekkings met bykans al die deelnemers wat pryse ontvang het.
Oudtshoorn-gholfklub se klubkaptein, Paul Stroebel, het Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar asook die verskaffers bedank vir die goed georganiseerde gholfdag.
"Hierdie geld kan nou aangewend word om die klubhuisstrukture op te knap, draadheiningprojek te voltooi en ook vir die trekkers se instandhouding.
"'n Spesiale woord van dank moet ook gaan aan Steph Nel (vroue-gholfonderkaptein) wat met behulp van haar werkers vir die uitstekende toestand van die baan verantwoordelik was," het hy gesê.
Aksie op die 10de bof.
Allistair Kiewiets speel 'n naderhou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'