OUDTSHOORN GHOLFNUUS - William Malgas het Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se klubkampioenskappe vir die sewende keer gewen.
Meer as 50 spelers het op die dag afgeslaan.
In die junior afdeling het Riël Deysel koning gekraai, terwyl Ockie Horowitz in die senior afdeling met die louere weggestap het.
Een van die dag se koördineerders, Louis Fourie, het die spelers en beamptes bedank vir hul bydraes om die dag spesiaal te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'