LADISMITH NUUS - Konstabel Bennet De Wee, verbonde aan Ladismith-polisie, is in die Wes-Kaapse provinsiale gholfspan opgeneem.
Hierdie is die derde agtereen-volgende jaar dat hy opgeneem is. Die SAPD-nasionale toernooi word vanaf 4 Februarie tot 10 Februarie in Kathu in die Noord-Kaap gehou.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, was De Wee, voor die gholfgogga hom gebyt het, 'n kranige stapper en het hy aan die bekende Big Walk deelgeneem waar hy die 50 km en 80 km gestap het.
"Sukses is dus nie vreemd vir hom nie."
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'