OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Warren Human en Allistair Kiewiets het die Oudtshoorn-sakekamer se maandelikse gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 47 punte gewen.
Dié dag is deur Oudtshoorn Ford geborg.
Leon Gouws en Neil Truter was met 46 punte in die tweede plek gevolg deur Deon Barnard en George Fourie wat met 45 in die derde plek klaargemaak het.
Clement Rex het met die enigste spogtwee van die dag op die 8ste putjie R265 in die sak gesteek.
Louis Janse van Rensburg en William Malgas het die pryse vir die langste dryfhoue op onderskeidelik die 12de en 13de putjies opgeraap.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'