OUDTSHOORN NUUS - Llewellyn Rheeder het Saterdag 5 Mei sy plek losgeslaan as die Oudtshoorn-gholfklub se 2018-klubkampioen.
Geskiedenis is gemaak Chloë Malgas-Kelpin (13) die jongste dameslid in die klub geword om haar plek as dameskampioen los te speel.
Malgas-Kelpin speel reeds sedert sewejarige ouderdom gholf en volgens haar oupa, Desmond Malgas, streef sy daarna om eendag professioneel gholf te speel. Sy ontvang afrigting in George.
Ockie Horowitz en Jurgens Burger (senior) het onderskeidelik die B- en C-afdelings gewen. Frans Cilliers is die 2018 senior kampioen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'