OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Gholfjoggies werksaam by Oudtshoorn-gholfklub het verlede week hul eerste kontantbewys van R2 175 van die departement van sport en kultuur ontvang.
Die doel van die kontantbewys was om joggies vir verlies van inkomste gedurende die Covid-19-pandemie te vergoed.
Hierdie kontantbewys sal oor 'n tydperk van vier maande geldig wees. Een van die joggies, Willie Cobus, het die departement en die Oudtshoorn-gholfklub bedank vir die spoedige uitbetaling.
Oudtshoorn Courant het ook verlede jaar berig oor die kruideniersware wat die Oudtshoorn-gholfklub aan die joggies geskenk het om hul gesinne mee by te staan.
Die joggies by Oudtshoorn-gholfklub wat verlede week kontantbewyse van R2 175 van die departement van sport en kultuur ontvang het. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'