OUDTSHOORN GHOLFNUUS - William Jansen het verlede Woensdag die liefdadigheidsorganisasie, Sport Buddy, se gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 51 punte gewen. Klein Karoo Toyota en CP Nel-museum was die hoofborge van die dag.
Clement Rex was op 'n uittel van 45 punte saam met Patrick Wagenaar, onderskeidelik in die tweede en derde plek.Llewellyn Rheeder het die langste dryf op die sewende putjie aangeteken, asook die naaste aan die penne op die derde putjie geslaan. Nelia Botes was die naaste aan die penne op die 12de putjie.
Wyndham Ewerts van Sport Buddy het die gholfdag as 'n sukses bestempel en die gholfspelers bedank wat opgedaag en skitterende gholf opgedis het.
Hy het in sy toespraak gesê dat die opbrengste van dié dag vir gemeenskapsprojekte aangewend sal word.
"Ons lewe in 'n tyd waarin dit verskriklik moeilik is om borge vir liefdadigheidsprojekte te werf as gevolg van die covid-19-pandemie. Die feit dat Oudtshoorn se besighede steeds gewillig is om te borg, spreek boekdele van hul gesindheid teenoor die gemeenskap. As gevolg van hul goedhartigheid kon ons vanjaar verskeie voedselhulp-projekte op naburige plase en woonbuurte in Oudtshoorn van stapel stuur."
Van links is Paul Stroebel (klubkaptein), Ilca Ewerts ( Sport Buddy), William Jansen (wenner), Byron Michaels (Sport Buddy) en Wyndham Ewerts (Sport Buddy). Foto: Ebenezer Titus
Llewellyn Rheeder. Foto's: Wyndham Ewerts
Nelia Botes het die naaste aan die pen op die 12de putjie geslaan.
Clement Rex
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'