OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Die maandelikse gholfdag van die Oudtshoorn besigheids-kamer is Woensdag deur Ockie Horowitz en Gary Hutchings met 48 punte gewen.
Francois Verwey en Barries Griebenouw was derde met Billy Capel en Matthew Wilken in die derde plek.
Die dag se pryse is deur PPC Cement geborg. Die volgende gholfdag van die besigheidskamer vind op Woensdag 5 September plaas.
Matthew Wilken (links) en Billy Capel was in die derde plek.
Helen Butler, kantoorbestuurder van die Oudtshoorn besigheidskamer saam met die wenners van die gholfdag, Gary Hutchings (middel) en Ockie Horowitz. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'