OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ockie Horowitz en Kobus Griebenouw het verlede Saterdag Bridgton Senior Sekondêr (Zibiz) se gholfdag met 'n telling van 47 punte gewen.
Altesaam 37 spelers het op die dag afgeslaan.
Daniel Boks en Clive Brandt was in die tweede plek met 46 punte gevolg deur Ian Laubscher en Warren Human met 45 punte.
Human was ook op die 12de putjie die naaste aan die penne. William Malgas en Chloe-Malgas Kelpin het die langste op die 14de putjie gedryf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'