OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ockie Horowitch en Marthinus Oosthuizen het Saterdag met 49 punte Brian's Grill se jaarlikse gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub gewen. Elkeen het as deel van hul prys 'n spoggerige gholfsak gewen.
Terrence Rath en JR Mitchell was met 46 punte in die tweede plek, gevolg deur William Phillipus en Alan Fortuin (45 punte) wat in die derde plek klaargemaak het.
Altesaam 48 spelers het op dié dag afgeslaan. Garth Matthews en JR Mitchell was onderskeidelik op die sewende en 13de putjie verantwoordelik vir die langste dryf van die dag. JP Olivier het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.
Brian Minnie, eienaar van Brian's Grill en hoofborg, het die spelers bedank vir hul volgehoue jaarlikse ondersteuning. Hy was ook vol lof vir die uitstekende toestand van die gholfbaan ten spyte van die droogte tydperk wat Oudtshoorn tans beleef.
Naaslinks is Marthinus Ooosthuizen (wenner) en Ockie Horowitch (wenner). By hulle is die klubkaptein Paul Stroebel (links) en Brian Minnie (hoofborg).
Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'