OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Riel Deyssel het verlede week die Oudtshoorn-gholfklub se gholftoernooi met 'n telling van 42 punte gewen.
Louis Fourie was op 'n uittel van 41 punte in die tweede plek gevolg deur G Hutchings wat met dieselfde aantal punte in die derde posisie geëindig het.
Pieter Swanepoel was vierde met 40 punte, gevolg deur Ettienne Roos en WM Badenhorst wat beide 38 punte behaal het.
Deyssel het ook op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan. Ian Laubscher en Hutchings het met 11 punte met die boerpot weggestap. Die toernooi is in die individuele Stableford-formaat beslis en met 43 spelers wat onder streng Covid-19-regulasies afgeslaan het.
Spogtwees is as volg aangeteken:
Rudi Mortlock (derde en agste putjie)
Chloe Kelpin Malgas-Kelpin (12de putjie)
Ian Laubscher (derde putjie)
Hannes Oosthuizen (12de putjie)
Francois Verwey (12de putjie)
Jurgens Burger (12de putjie)
Derick Kuhn (12de putjie)
Louis Fourie (18de putjie).
Louis Fourie. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'