GHOLFNUUS - Lourie Boshoff en Mario Marais het Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se maandelikse gholfdag by Oudsthoorn-gholfbaan met 'n teling van 47 punte gewen.
Altesaam 57 spelers het op dié dag afgeslaan. William Phillipus en Andrè Plaatjies was in die tweede plek met 46 punte, gevolg deur Hannes Smal en Jurie Neethling wat met dieselfde aantal punte in die derde plek geeindig het.
Ockie Horowitch kon op die agste putjie daarin slaag om 'n spogtwee aan te teken terwyl Andrè Plaatjies en Louis Fourie (jr) die naaste aan die pen geslaan het.
'n Gesamentlike poging deur Die Biltongman en die Oudtshoorn-sakekamer was verantwoordelik vir die pryse wat op die spel was.
Van links is Paul Stroebel (klubkaptein), Lourie Boshoff wenner, Mario Marais wenner en Helen Butler (Oudtshoorn-sakekamer).Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'