OUDTSHOORN NUUS - Die maandelikse gholfdag van die Oudtshoorn-besigheidskamer het verlede Donderdag plaasgevind en is deur Desmond Malgas en Louis Willems met 47 punte gewen. In die tweede plek, ook met 47, was Gathro Matthews en Cyril September met Reinhardt van Coller en Dirk Kuhn in die derde plek met 45 punte.
Timbercity was die borg van die dag en het gesorg dat 'n hele aantal spelers met pryse weggestap het. Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer, het André van Greunen bedank vir sy ondersteuning van projekte wat oor jare strek.
Hy het ook die bestuur van die gholfdag gelukgewens met die puik toestand van die baan.
Die tweedeplekwenners was Gathro Matthews (links) en Cyril September.
Die wenners van die gholfdag was Louis Willems (tweede van links) en Desmond Malgas (regs) By hulle is Johan Cornelissen, klubkaptein (links) en Shaun Westraad, bestuurder van Timbercity. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'